'n Professionele videokamera (dikwels 'n televisiekamera genoem, selfs al is die gebruik reeds verder as televisie versprei) is 'n hoëvlaktoestel vir die skep van elektroniese bewegende beelde (eerder as 'n filmkamera, wat voorheen beelde op film vasgelê het). Oorspronklik ontwikkel vir gebruik in TV-ateljees, word hulle nou ook gebruik vir musiekvideos, direkte-tot-videoflieks, korporatiewe en opvoedkundige video's, trouvideo's, ens. Sedert die 2010s is die meeste professionele video-kameras wel professionele digitale videokameras.
Met die koms van digitale video-opname in die 2000's, het die onderskeid tussen professionele videokameras en rolprentkameras verdwyn.